Download your FREE digital Camp and Live Guide or Kamp en Leef Gids here!
close [X]

Onrus Woonwapark Gekose Oord

Category: Resort News | Author: Onrus River Caravan Park |  Date posted:  | Impressions: 14682   430

users/35082/201911/onrus-woonwapark.jpg


Onrus Woonwapark - Onrus River, Wes-Kaap
Kamp & Leef Gekose Oord

Moet asseblief nie mislei word deur die naam “Onrus“ nie. Die rustigheid en bekoring van die dorp Onrusrivier, slegs 5km buite Hermanus, is in werklikheid ‘n resep vir ‘n ontspanne vakansie of langnaweek. Die park het die ideale kombinasie van skadu, gras en see. Slegs sowat 50-80m vanaf die water, word die terrein bedek met pragtige, karaktervolle melkhoutbome. Daar is ‘n keuse van goed geplaveide staanplekke. ‘n Omgewingsvriendelike heining, met sekuriteit, verseker u en u kinders se gemak in veiligheid. Indien die skadu onvoldoende is om u af te koel, is Davies se swembad die regte plek om te wees. Reg voor die park is ‘n rotsagtige strand en die sandstrand

van die strandmeer is binne loopafstand. Daar is 46 staanplekke (sonder krag) geskik vir
woonwa en kampering, met 4 ablusiegeriewe.

Suider-Afrika se Mees Geliefde Kampeer Gids.

Kry vandag jou kopie by CaravanParks.com!
https://www.caravanparks.com/356.Jaarlikse_Publikasie.htm

Nou Beskikbaar as 'n Gratis pdf.

Onrus River Caravan Park
+27 28 316 1704
If you are interested in this please use this enquiry form powered by CaravanParks.com.

You must have javascript and cookies enabled to use this form






If you can see the following field please leave it blank
Send me a copy of this email

Latest News